By PLAVEB

Die Vryburgers

Wie Is Ons?

Die Vryburgers is 'n diensorganisasie, berus op 'n Christelike grondslag en is nie-polities. Die doelstellings van Die Vryburgers is:

· Om die Suid-Afrikaanse gemeenskap te dien.

· Om die Afrikaanse kultuur en tradisies te erken, uit te leef en op alle terreine te bevorder.

Die wortels van die beweging kom uit die ryke geskiedenis van die ou Kaap. In 1652 het Jan van Riebeeck 'n halfwegstasie vir die VOC se skepe op die handelsroete tussen Europa en die Ooste gevestig. In 1657 besef die goewerneur dat hy nie die land alleen mak kan maak nie en ongeveer 550 van die VOC se kontrakwerkers word onthef en ontvang grond om vir hul eie rekening te bewerk. Hierdie pioniers, die 'Vrije Burghers', was die eerste landbouers aan die Kaap.

Vandag is daar steeds Vryburgers. Sedert 1963 is Die Vryburgers 'n groepering van outonome korpse wat onder 'n oorkoepelende sambreel met mekaar geaffilieer is omdat hulle dieselfde grodslag en doelstellings nastreef. Die takvoorsitter is die Stuurman, die penningmeester die Fiskaal, die sekretaris die Skrywer, ensovoorts.

Die oogmerke word bereik deur die insameling van fondse en inklusiewe dienslewering aan die breë gemeenskap. Samewerking met ander kultuur- en diensorganisasies word aangemoedig.

Die Vryburgers se embleem is die gewel-aansig van die huis van Adam Tas (1668 - 1722), 'n ikoon vir sy bereidwilligheid om op te staan vir reg en geregtigheid. Die embleem versinnebeeld die kultuur, kennis, deursettingsvermoë en kreatiwiteit wat onmisbaar deel van die Afrikaanse gemeenskap en 'n suksesvolle multikulturele Suid-Afrika is.

Die Vryburgers dien met vreugde

Vryburgers van Suid Afrika | Promote Your Page Too

Wat Doen Ons?

Die Vryburgers is 'n diensorganisasie sonder winsbejag wat die nood van minder-bevoorregtes verlig. Ons samel geld in en skenk dit vir verdienstelike sake. In hierdie proses van samewerking met mekaar en ander rolspelers verryk ons mekaar se lewens. Gesinsverhoudinge word versterk. Vriendskappe word gesmee. Christelike waardes word prakties uitgeleef. Kultuurwaardes word versterk. Om 'n Vryburger te wees, is veral lekker omdat jy baie pret het.

Tipiese aktiwiteite is:

· Wynveilings

· Finansiële/materiële hulp aan:

· Golfdae

skole/ouetehuise/welsyn

· Kunsuitstallings

· Voedingskemas

· 4X4-saamtrekke

· Sopkombuise

· Spitbraai- / skaapkop-etes

· Bybelverspreiding

· Bergfietswedrenne

· Boekeverspreiding

· Dinees

· Opheffingsprojekte

· Wyn- / bierproe-aande

· Gemeenskapsdiens

Die Vryburgers dien met vreugde

KOS-VIR-KINDERS

Die Vryburgers kies jaarliks 'n projek wat nasionaal die organisasie se energie fokus sonder om ander plaaslike inisiatiewe van korpse te demp. Die huidige nasionale projek is 'Kos-Vir-Kinders'.

Die Vryburgers voed daagliks landswyd honderde skoolkinders. Vir baie is dit die enigste kos wat hulle eet. 'n Honger kind kan nie leer nie en 'n ongeskoolde kind se toekoms is duister. Vir welvaart in Suid-Afrika is dit noodsaaklik dat die jeug goed toegerus word.

Armoede is 'n nasionale krisis en hierdie tydbom moet ontlont word. Die kinders is ons land se toekomstige leiers. Ons help hoofsaaklik in skole waar die staat nie help nie. Ongelukkig is ons impak beperk weens min fondse en mannekrag. Vryburgers is almal vrywilligers en werk sonder vergoeding.

Jy kan Die Vryburgers se 'Kos-Vir-Kinders' help:

Debietorder

Eenmalige skenking

Erflating

Bankrekening

ABSA

Tjekrekening

Rekeningnommer 000158380

Takkode 632005

Verwysing Kos vir kinders

Matheus 25:40 - "Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringstes onder julle gedoen het, het julle dit aan My gedoen"

'Klik' vir meer inligting:

Debietorder Afrikaans
Debit Order English
Wit Armoede Verslag


Die Vryburgers dien met vreugde


Die Vryburgers
dien met vreugde

Matheus 25:40 - "Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een
van die geringstes onder julle gedoen het, het julle dit aan My gedoen"

Die Vryburgers gedenk die huidige en vorige lede hieronder wat gedurende die afgelope jaar gesterf het


Bossie Bosman

Rustenburg

Evert Gousaard

George

Theo Griesel

Stigterslid van Worcester

Roelof Mc Claghlan

Worcester


Die nagedagtenis van Vryburgers wat reeds voorheen gesterf het, word met liefde vertroetel

 

VOLG ONS