|
1.
|
NAAM
Die Vryburgers
|
|
2.
|
GRONDSLAG
Die
Vryburgers berus op ‘n Christelike Grondslag en is
nie-polities.
|
|
3.
|
WOORDOMSKRYWINGS
|
|
3.1
|
Vryburgers
|
Alle geaffilieerde
korpse
|
|
3.2
|
Die President
|
Voorsitter
van die Vryburgers wat ook tydens die Burgerraad en
Dagbestuurvergadering as voorsitter optree.
|
|
3.3
|
Die Vise-President
|
Adjunk-Voorsitter
van die Vryburgers
|
|
3.4
|
Die Nasionale
Skrywer
|
Sekretaris van die
Vryburgers
|
|
3.5
|
Die
Rentmeester
|
Tesourier van die Vryburgers
|
|
3.6
|
Die Vaandrig
|
Lid belas met
Korpsstiging, eksterne skakeling en bemarking.
|
|
3.7
|
Die Nasionale
Basuin
|
Lid belas met
bemarking en openbare beeldbou.
|
|
3.8
|
Die Dagbestuur
|
President, Vise president,
Vaandrig, Nasionale Skrywer , Rentmeester en Nasionale Basuin van die
Vryburgers.
|
|
3.9
|
Die Burgerraad
|
Alle afgevaardigdes
van die geaffilieerde Korpse of ‘n Vergadering of buitengewone vergadering
van afgevaardigdes van Vryburgerskorpse.
|
|
3.10
|
Korps
|
‘n Vryburgerkorps
waarvan die reglement en wysigings goedgekeur is deur die Dagbestuur van
van die Vryburgers welke korps behoorlik geaffilieer is.
|
|
3.11
|
Streek
|
‘n Indeling van
korpse in ‘n bepaalde geografiese gebied waarvan die grense van tyd
tot tyd deur die Burgerraad vasgestel word.
|
|
3.12
|
Vryburger
|
‘n Lid van ‘n korps
met ‘n Christelike beskouing welke korps geaffilieer is aan die Vryburgers.
|
|
3.13
|
Veteraan Vryburger
|
'n Uitgetrede lid
wat op meriete homself onderskei het.
|
|
3.14
|
Finansiële
jaar
|
Strek vanaf begin
Maart tot einde Februarie.
|
|
4.
|
DOELSTELLINGS
Die
doelstelling van die Vryburgers is:
|
|
4.1
|
Om die Suid-Afrikaanse
gemeenskap te dien;
|
|
4.2
|
Om die Afrikaanse kultuur en tradisies te erken,
uit te leef en op alle terreine te bevorder.
|
|
5.
|
BURGERRAAD
|
|
5.1
|
Gewone Jaarlikse Burgerraad.
|
|
|
Minstens een Burgerraad
moet jaarliks plaasvind op ‘n datum en plek deur die Dagbestuur bepaal,
welke datum nie later sal wees as drie maande na die sluiting van die
vorige finansiële jaar nie.
|
|
5.2
|
Kennisgewing van Burgerraad.
|
|
5.2.1
|
’n Kennisgewing van
die Burgerraad moet minstens 2 maande voor die bepaalde sitting aan alle
korpse gestuur word.
|
|
5.2.2
|
‘n Sakelys van
die voorgenome sitting moet ten minste een maand voor die bepaalde sitting
aan alle korpse gestuur word.
|
|
5.3
|
Buitengewone
Burgerraad.
|
|
|
Die
Dagbestuur kan by wyse van ‘n twee derde meerderheid van Dagbestuurlede;
self of op versoek van enige korps ‘n Burgerraadsitting binne 1 maand belê.
Kennisgewing van die sitting waarin die doel van die sitting uiteengesit
word, moet ten minste een maand vooraf aan alle korpse gestuur word.
|
|
5.4
|
Bywoning van en stemreg op Burgerraad.
|
|
5.4.1
|
Alle
Vryburgers en Veteraan Vryburgers kan ‘n sitting bywoon en daaraan
deelneem, maar slegs afgevaardigdes en stemgeregtigde Dagbestuurlede is
geregtig om te stem. In die geval van ‘n stemgeregtigde Dagbestuurlid wat
ook ‘n afgevaardigde is, het hy steeds slegs een stem.
|
|
5.4.2
|
Elke korps benoem
twee afgevaardigdes wat elk een stem het.
|
|
5.4.3
|
‘n
Meerderheidstem is beslissend tot enige besluit behalwe by die verkiesing
van ‘n persoon tot ‘n amp op die Dagbestuur in welke geval sodanige
verkiesing met ‘n volstrekte meerderheid moet geskied.
|
|
5.4.4
|
By staking van
stemme sal die President ‘n beslissende stem hê.
|
|
5.5
|
Kworum vir
Burgerraad
|
|
|
Een derde van alle
korpse moet teenwoordig wees ten einde ‘n kworum te vorm.
|
|
5.6
|
Beskrywingspunte
|
|
|
Alle beskrywingspunte
vir die Burgerraad moet skriftelik by die Nasionale skrywer ingedien word
minstens ses weke voor die sitting. Verdere beskrywingspunte mag slegs met
goedkeuring van die Burgerraad tydens die Burgerraadsitting bygevoeg
word.
|
|
5.7
|
Sake by die Burgerraad
|
|
|
Op elke Burgerraad
van die Vryburgers moet minstens die volgende sake hanteer word:
|
|
5.7.1
|
Voorlegging en
goedkeuring van die notule van die jongste jaarlikse Burgerraad en
moontlike ander spesiale Burgerrade.
|
|
5.7.2
|
Voorlegging en
goedkeuring van die finansiële geouditeerde verslag van die
Vryburgers.
|
|
5.7.3
|
Verslag van die President.
|
|
5.7.4
|
Voorgestelde beskrywingspunte.
|
|
5.7.5
|
Aanwysing van
ouditeure.
|
|
5.8
|
Verplige Verslae
|
|
5.8.1
|
Die
indiening van 'n Finansiële Verslag, Stuurmansverslag en Jaarverslag
volgens formaat, minstens een maand voor 'n bepaalde sitting van die
Burgerraad is verpligtend.
|
|
6.
|
DIE DAGBESTUUR
|
|
6.1
|
Samestelling
|
|
6.1.1
|
Die dagbestuur bestaan uit :
|
|
6.1.1.1
|
Die President
|
|
6.1.1.2
|
Die Vise
President
|
|
6.1.1.3
|
Die Nasionale Skrywer
|
|
6.1.1.4
|
Die Rentmeester
|
|
6.1.1.5
|
Die Vaandrig
|
|
6.1.1.6
|
Die Nasionale Basuin
|
|
6.1.2
|
Die President sowel
as die Vise President, Vaandrig en Basuin sal vir ‘n termyn van twee jaar
verkies word, en mag nie lede van dieselfde korps wees nie.
|
|
6.1.3
|
Hulle mag nie langer
as 3 termyne agtereenvolgens in dieselfde pos dien nie.
|
|
6.2
|
Verkiesing en
aanwysing van Dagbestuurlede
|
|
|
Lede van die
dagbestuur word soos volg aangewys en verkies :
|
|
6.2.1
|
Verkiesing
|
|
|
Tydens elke
twee-jaarlikse Burgerraadsitting word die President,die Vise President ,
die Vaandrig en die Nasionale Basuin deur alle stemgeregtigdes op die
Burgerraad per geslote stem verkies met meerderheidstem.
|
|
|
Nominasies vir die
verkiesing van die ampte word per nominasiebrief voorgelê en die ampte word
afsonderlik hanteer soos in die volgorde hierbo vermeld.
|
|
|
Indien die President
gedurende sy termyn om welke rede ookal uit sy amp ontslaan word of bedank,
sal die Vise President sy amp oorneem vir die onverstreke termyn daarvan
.‘n Nuwe Vise President sal by die eersvolgende Burgerraad gekies word vir
die onverstreke termyn van die Vise President, indien nodig. Die Dagbestuur
sal geregtig wees om ’n Vryburger as Vise President te koöpteer tot die
eersvolgende Burgerraad. Indien die Vise President, Vaandrig of Basuin
gedurende sy termyn om welke rede ookal uit sy amp ontstaan word of bedank,
sal die Dagbestuur soortgelyk geregtig wees om tot die eersvolgende
Burgerraad ‘n Vryburger in die ampt te koöpteer en sal daar op die
eersvolgende Burgerraad ‘n nuwe persoon in die amp herkies word vir die
onverstreke termyn daarvan, indien nodig.
|
|
6.2.2
|
Aanwysing
|
|
|
Tydens
elke twee jaarlikse Burgerraad wys elke streek een lid uit sy streek aan as
Streekverteenwoordiger. Sy pligte sal deur die Burgerraad aangewys word.
|
|
6.2.3
|
Elke President
wys so spoedig moontlik na sy verkiesing ‘n Nasionale skrywer en
Rentmeester aan, en is gemagtig om ‘n vakature te vul.
|
|
6.2.4
|
‘n Skriftelike
nominasie in terme van hierdie subklousule moet ‘n amp waarvoor ‘n persoon
genomineer word aandui en moet die handtekening en naam in drukskrif van ‘n
voorsteller en ‘n sekondant bevat sowel as die handtekening van die
genomineerde.
|
|
6.3
|
Funksies van die
Dagbestuur.
|
|
6.3.1
|
Die Dagbestuur moet
alle werksaamhede van die korpse koördineer , beheer en bevorder met behoud
van die outonomie van elke korps.
|
|
6.3.2
|
Die Dagbestuur moet
in samewerking met bestaande korpse die stigting van nuwe korpse en die
affiliering daarvan by die Vryburgers bewerkstellig.
|
|
6.3.3
|
Die Dagbestuur is verantwoordelik vir die
administrasie van die Vryburgers se fondse wat jaarliks aan ouditering
onderworpe is.
|
|
6.3.4
|
Die Vaandrig tree op
as koördineerder van die Streeksverteenwoordigers.
|
|
6.3.5
|
Die Dagbestuur is verder verantwoordelik vir alle
take aan hulle opgelê of gedelegeer deur die Burgerraad.
|
|
6.4
|
Kworum
|
|
|
Die
kworum van enige vergadering van die Dagbestuur sal ten minste een helfte
van die stemgeregtigde lede van die bestuur uitmaak.
|
|
6.5
|
Stemreg
|
|
|
Die meerderheidstem
is beslissend tot enige besluit en by staking van stemme sal die President
‘n beslissende stem hê.
|
|
7.
|
FINANSIES
|
|
7.1
|
Alle gelde
betaalbaar aan die Vryburgers deur lede en korpse asook tydperke waarbinne
dit betaalbaar is, sal deur die Burgerraad bepaal word.
|
|
7.2
|
Alle gelde wat
ontvang word, word in ‘n bankrekening gehou in die naam van die Vryburgers
.
|
|
7.3
|
Alle betalings wat
deur die Vryburgers gemaak word, moet per tjek geskied. Tekenmagte sal van
tyd tot tyd deur die Dagbestuur bepaal word.
|
|
8.
|
VETERAAN VRYBURGERS
|
|
8.1
|
Enige korps het die
reg om ‘n Vryburger tot Veteraanvryburger te benoem.
|
|
8.2
|
Die naam van ‘n
Vryburger wat tot Veteraanvryburger benoem word, tesame met die motivering
daarvoor moet aan die korps vir goedkeuring voorgelê word.
|
|
8.3
|
Die volgende reëls
sal geld by die benoeming van ‘n Veteraanvryburger :
|
|
8.3.1
|
So ‘n persoon moet
ten minste 5 jaar ‘n aktiewe Vryburger gewees het.
|
|
8.3.2
|
Benoeming tot
lidmaatskap van die Veteraanvryburger moet met ‘n meerderheid van stemme
tydens ‘n korpsvergadering geskied.
|
|
8.3.3
|
n Veteraanvryburger
sal altyd die geleentheid gegun word om weer as ‘n aktiewe Vryburger in te
skakel.
|
|
8.3.4
|
‘n Veteraanvryburger
sal op geen Nasionale en Plaaslike Vryburgerbestuur kan dien nie.
|
|
8.3.5
|
‘n Veteraanvryburger
betaal lidmaatskapfooie soos bepaal deur elke korps.
|
|
8.3.6
|
‘n
Veteraanvryburger mag ‘n Burgerraad sonder stemreg bywoon.
|
|
8.3.7
|
Uitnodigings
na alle korpsvergaderings moet aan ‘n veteraanvryburger gerig word, met die
wens dat hy ten minste twee vergaderings per jaar moet bywoon.
|
|
8.3.8
|
Beëindiging van
lidmaatskap kan sonder opgaaf van redes deur ‘n meerderheid van stemme tydens
korpsvergaderings geskied.
|
|
8.3.9
|
‘n
Veteraanvryburger sal kwalifiseer vir die dra van alle amptelike klere en
embleme.
|
|
9.
|
EMBLEEM
|
|
|
Die gebruik van ‘n
Vryburgerembleem mag slegs geskied soos van tyd tot tyd deur die dagbestuur
of die Burgerraad goedgekeur.
|
|
10.
|
BESKERMHEER
|
|
|
Die Burgerraad sal
tweejaarliks ‘n beskermheer benoem.Die termyn van die beskermheer sal nie
saamval met die termyn van die dagbestuur nie, maar sal dit oorvleuel.
|
|
11.
|
AFFILIASIE
|
|
|
Enige konsulentkorps
wat verlang om ‘n Vryburgerkorps tot stand te bring, moet skriftelik by die
Dagbestuur om affiliasie aansoek doen.
|
|
|
Die Dagbestuur kan
na gelang van die omstandighede die aansoek behoorlik ondersoek en is gemagtig
om opdrag te gee aan enige korps in hierdie verband.
|
|
|
Die Dagbestuur kan
die aansoek om affiliasie goedkeur of afkeur sonder opgaaf van redes.
|
|
|
Stigting moet
geskied soos bepaal in die stigtingsprosedures soos van tyd tot tyd deur
die Dagbestuur neergelê.
|
|
12.
|
BEëINDIGING VAN
LIDMAATSKAP.
|
|
12.1
|
Lidmaatskap
mag beëindig word sodra ‘n korps :
|
|
12.1.1
|
Ingevolge ‘n
besluit van die Burgerraad ophou om die grondslag van die Vryburgers te
aanvaar of die doelstellings daarvan te onderskryf, uit te leef en te
bevorder.
|
|
12.1.2
|
Indien die korps versuim om korpsjaargelde te
betaal.
|
|
12.1.3
|
Bedank uit die
Vryburgers.
|
|
12.1.4
|
Ontbind
|
|
12.2
|
Alle bates van ‘n
korps waarvan lidmaatskap beeindig is, word op datum van beëindiging van
lidmaatskap na die Dagbestuur van die Vryburgers oorgedra en deur die
rentmeester gevorder indien moontlik
|
|
13.
|
VRIENDE VAN DIE VRYBURGERS
|
|
13.1
|
Doelstelling
|
|
|
Om op ‘n
geordende wyse in aanraking te bly met alle oud – Vryburgers om sodoende
hulle lojaliteit teenoor en ondersteuning vir die Vryburgers te behou.
|
|
13.2
|
Lidmaatskap
|
|
|
Alle
Vryburgers wat nie meer aktief lid van ‘n korps is nie, kwalifiseer
vir lidmaatskap van die Vriende van die Vryburgers, onderhewig aan die
voorwaarde dat enige voorgenome lid deur ‘n bestaande korps genomineer moet
word.
|
|
13.3
|
Koördinering van aktiwiteite
|
|
|
Alle
aangeleenthede met betrekking tot die bond sal deur die Dagbestuur van die
Vryburgers gekoördineer word onder leiding van die Vise President wat ex –
officio sal dien as voorsitter van die Vriende van die Vryburgers.
|
|
14.
|
GEBRUIK VAN DIE SENS
|
|
|
‘n Korps moet
minstens een jaar funksioneer voordat die sens gebruik word deur ‘n korps.
|
|
15.
|
HUISHOUDELIKE REGLEMENT
|
|
|
Elke korps sal sy
eie reëls en regulasies uitvaardig wat nie strydig mag wees met hierdie
Grondwet of met besluite van die Burgerraad of die Dagbestuur nie.
|
|
16.
|
WYSIGING VAN GRONDWET
|
|
|
Hierdie Grondwet kan
alleen gewysig word by wyse van ‘n besluit geneem deur die Burgerraad by
wyse van ‘n twee derde meerderheid van stemme op ‘n voorstel, skriftelik
ingedien, ses weke voor sodanige Burgerraad, welke voorgestelde wysiging
ingesluit moet wees by die sakelys, wat minstens een maand voor die
bepaalde sitting, aan alle korpse van die Burgerraad versend word.
|