altOudtshoorn Vryburgers word vereer Oudtshoorn Vryburgers kn bre√ębors loop nadat hulle die afgelope naweek toekennings ontvang het vir beste nasionale projekte asook beste foto album en blootstelling tydens die afgelope jaar. Hierdie toekennings is tydens die Nasionale Burgerraad se gala-aand in Pretoria oorhandig.

Nasionale projekte waarby Oudtshoorn Vryburgers betrokke is, sluit in die weeklikse uitdeel van kos in Bridgton, die oprigting van 'n biblioteek met internet toegang op Middelplaas tussen Oudtshoorn en De Rust asook die uitdeel van Bybels by plaaslike besighede en kinderhuise.

Daar is ook onlangs begin om Livingball balletjies in Bridgton en by plaaslike laerskole te versprei, wat 'n baie eenvoudige dog treffende Christelike boodskap vir kinders bevat.

Die Vryburgers bestaan uit 20 takke landwyd, wat uitreik na minderbevoorregtes en 'n verskil probeer maak.

Deel hierdie artikel
FaceBook  Twitter