Stuurman vir 2015 van die Vryburger Omgeemense van Worcester ingestel.

André Hanzen en Madri van Greunen is tydens 'n glansgeleentheid by Opsltal Landgoed ingestel as stuurmanspaar van die Vryburger Omgeemnse van Worcester.

Tydens sy intreegallop het Hanzen hulde gebring aan sy moeder wat hom deur haar mendemens te dien aan hom die voorbeeld gestel het om 'n omgeemens te wees. Die tafelheer het André Hanzen beskryf as 'n korps op sy eie, wat sy medemens dien sonder om daaroor te praat of eer terug te verwag.

Die nasionale visie-president van die Vryburger Omgeemense van Suid Afrika, Cordré Smith het 'n passievolle positiewe boodskap gebring waarna almal 'n Heildronk op suid Afrika gedring het.

Die manne het na Arno Hugo se die Omgeedames van Worcester bedank en hulle lof besing gestaan vir 'n heildronk op die dames.  

Die korps sien uit na 'n positiewe jaar onder leiding van die nuwe stuurmanspaar en bedank Wiehann en Anneke Erasmus wat die Omgeemense van Worcester gelei dat hulle kan terug kyk na 'n susksevolle welwillendheidsjaar vir 2014. 

Deel hierdie artikel
FaceBook  Twitter