Raak Betrokke

U is meer as welkom om ons te kontak indien u uself vereenselwig met die strewe van die Vryburger Diensorganisasie van Suid Afrika en voel dat u 'n verskil kan maak in die behoeftiges binne u gemeenskap.

U kan 'n verkil maak op die volgende maniere:

alt

Sluit aan by die Vryburgers

alt

Ondersteun ons Projekte

alt

Maak 'n Donasie

Skenkings is altyd welkom!

hands4

Skenkings van lewensmiddele soos kos, klere, meubels en ander huishoudelike items word met groot waardering deur die skenkings- en verspreidingsafdeling ontvang om na kleuterskole, ouetehuise, informele nedersettings en skuilings te versprei.

Skenkings word slegs aan projekte gegee waarvoor staatsubsidiëring nie geredelik beskikbaar is nie.

U is welkom om die Vryburgerkorps in u area te nader om n skenking te maak

Of kontak ons Nasionale kantoor met ‘n epos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Artikel 18A Sertifikaat

ʼn Artikel 18A-sertifikaat kan aan maatskappye en individue wat geldelike bydraes maak uitgereik word sodat hulle ʼn belastingeis kan indien. Skenkers moet ʼn bewys van inbetaling of ʼn faktuur verskaf sodat die sertifikaat uitgereik kan word.

Navrae in verband met 18A-belastingsertifikate kan aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. gerig word.

Vryburger Omgeemense verwelkom enige maandelikse donasies ten bedrae van R30 of meer (bankkoste speel ongelukkig klaar met kleiner skenkings). Eenmalige skenkings is ook baie welkom.

Vra die aansoekvorm aan by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. en stuur dan terug na selfde adres of na faks nommer 0866715356”