hungry kid

 

Ons strewe:

 

Vryburger Omgeemense van Suid-Afrika streef daarna:

 

Om die Suid-Afrikaanse volk en gemeenskap te dien

-  Om die Afrikaanse kultuur en tradisies te erken, uit te leef en op alle terreine te bevorder

-  Om altyd die Bybel as grondslag te erken, en

-  Om kameraadskap en samewerking in die gemeenskap te bevorder en aan te moedig.

Wat beteken dit prakties?

Die Vryburger Omgeemense is daar om ‘n verskil in hulle gemeenskappe te maak. Alhoewel “broodnood” ‘n prioriteit is wil ons op ander gebiede ook ‘n verskil maak. Fondsinsamelings is belangrik, maar soms rol ons moue op en doen iets in die gemeenskap.

‘n Vryburgerkorps bestaan uit ‘n aantal lede in ‘n spesifieke dorp, stad of streek. Hierdie korpse is geaffilieer aan die Genootskap van Vryburgers van Suid-Afrika.