|
|
|
Die Vryburger Diensorganisasie |
|
|
Nasionale Projek “Kos vir Kinders” Klik hier vir poskaart
uitdeelstuk Miljoene kinders lei tans honger in Suid Afrika. Baie van
hierdie kinders is ons land se toekomstige leiers. Sonder kos is opvoeding
onmoontlik. Kom ons vind saam oplossings vir hierdie nasionale krisis.. Korpse doen self navorsing oor behoeftes
in hul omgewing en besluit self watter behoeftes aangespreek sal word Samewerking met bestaande organisasies wat op hierdie
vraagstuk fokus word aangemoedig Debietorders kan ingestel word deur die Genootskap van Vryburgers se
tjekrekening. In hierdie verband, skakel met Nasionale Rentmeester
- Dries vd Walt Sel: 082 871 4129 E-pos: corryvdwalt@mweb.co.za Geen voorskrifte word gegee oor die tipe kos wat verskaf
mag word nie. Meer besonderhede volg egter binnekort oor ‘n kitskos genaamd POWERFOOD wat beskikbaar sal wees vir aankope direk van
die vervaardiger. Dit lyk en smaak soos nomale ontbytpap en word met melk of water aangemaak. Twee etes ‘n dag voldoen aan 100%
van die daaglikse aanbevole inname vir kinders. Voortdurende nasionale projek :
Boeke Verspreiding : Vryburgers /
Shoprite Checkers / KKNK Faks : 044 279 2215 Nasionale
Projek:
2008: "Kos vir Krag" Projek-Voorstel: Bekendstelling
en Promofering van die gebruik van die Hooikis. SPAAR,
SPAAR, SPAAR! Van oraloor word besparing aangemoedig. Die
prys van basiese voedsel skiet die hoogte in. Vleis en hoender raak onbetaalbaar duur......... Hoe kan ons nog met beperkte fondse “n gesin voed? Daar is “n oplossing. Daar kan
van goedkoper proteien bronne gebruik gemaak word, bv bone,
lensie en erte. Die probleem
is egter dat die peulgroente lang gaarmaaktyd benodig, MAAR Besparing van krag is allernoodsaaklik in
Suid-Afrika. Die hoë koste van
elektrisiteit, lampolie en gas noop
ons verder om planne te beraam om koste te besnoei. DIE
OPLOSSING? DIE HOOIKIS Die hooikis is “n tipe stoof
wat mens self kan maak vir baie min geld.
Kos word eers tot kookpunt gebring of vir “n baie verkorte tyd
gekook, en dan in die hooikis geplaas
om self verder sonder enige verdere
koste gaar te word. (verwys verder na die pamflet aangeheg oor die hooikis) Doel van die projek: Die doel van die projek is om
die breë publiek bekend te stel aan die hooikis se voordele deur “n praatjie
en demontrasie van die effektiwiteit van die hooikis. Hoe word daar kontak gemaak
met ’n gemeenskap? ·
Deur praatjies en demonstrasies by klinieke ·
Vroue- en kerkvrouegroepe en skool-vergaderings ·
Op plase ·
Deur kontak te maak met Plaaslike Raadslede om vergaderings te reël ·
Hoërskole te kontak om by menslike-vaardigheidsklasse in te skakel ·
Besighede se personeel toe te spreek Ondervinding het ons egter geleer
dat “n mens belangstellendes verder moet help om self “n hooikis te maak. Die
arm gemeenskap het nie noodwendig bokse en koerante tot hul beskikking nie en
daarom is dit noodsaaklik dat
werksessies gehou word waar bokse en koerante aan hul beskikbaar
gestel word en hul gehelp word om die hooikis te maak en te versier, deur
bv. te verf, sodat hul trots
kan wees op hul hooikis. Hulp is dus nodig : Wat van ’n samewerkingsprojek met: Media 24 vir die
beskikbaarstelling en aflewering van ongekoopte koerante by sekere punte. Plaaslike groentewinkels /
Golden Harvest / Fruit and Veg vir
die beskikbaarstelling van appelbokse
(appelboks met sy bases en “’deksel“ werk uitstekend en is stewig) Plaaslike kantore van Eskom /
ander organisasie vir moontlike fondse vir aankoop van kwaste en verf om
hooikiste te versier en betaling van opgeleide gemeenskapwerkers om die
hooikis-maak werksessies aan te bied bv R50 per sessie. Vryburgervroue vir aanbieding
van demonstrasies en koordinering van werksessies om hooikiste te maak. Hou die Genootskap van
Vryburgers se webwerf dop vir resepte vir die HOOIKIS en prbeer dit gerus in
u eie huis. U sal vebaas staan oor die
resultate. Die gedagte van die nasionale
projek is nou om die HOOIKIS konsep by soveel as moontlik behoeftige mense
(gesinne) uit te kry en hulle sodoende "help om 'n vis te vang, eerder
as om vir hulle 'n vis te gee"........en verder maak ons ook 'n kosbare
bydrae tot die krag probleem in die land.
|