|
|
|
Die Vryburger Diensorganisasie |
|
|
Nuuswaardige gebeure Burgerraad Port Rex
(21-23 Mei 2010) Wat ‘n voorreg was dit nie om die gasvryheid en warmte (die mense
en die weer!) van Oos-London te beleef nie. Julle het die naweek vir ons
almal onvergeetlik gemaak. Ons was bederf met die wonderlikste geskenke by
ons aankoms. - onder andere ‘n vlekvrye staal koffiebeker met die
Vryburgerwapen daarop wat die afwesige Vryburgers groen van jaloesie gaan
maak. Dankie ook vir ons tossels en die onvergeetlike Marimba orkes -albei
van hulle! Ons hoop om binnekort ‘n video insetsel van die Vryburgerdames
se ensemble vir u hier te wys. Baie dankie aan almal wat so hard gewerk
het om dit weereens die hoogtepunt van die Vryburger kalender te maak. Ons wens ons nuwe President (Gert Fourie van Bloemfontein) en ons
nuwe Vise-president (Henry Hall van Worcester) alle voorspoed en sterkte toe
met die termyn wat voorlê. Baie geluk ook aan Fred Maree (Nasionale skrywer)
en Dries van der Walt (Nasionale Rentmeester) wat herbenoem is vir nog twee
jaar. Dankie ook vir die uitstekende diens wat julle aan die Vryburgers
gelewer het in die afgelope 2 jaar. Ons is verheug om aan te kondig dat die Vryburgers weer ‘n
Beskermheer het in die persoon van Marius Swart, ere-vryburger van George en
voormalige President van die Vryburgers. Marius en Sanet Swart was vir ruk
lank rustende Vryburgers maar het sommer vinnig weer ingeskakel by die
aktiwiteite tydens die Burgerraad en ons verwag dat hulle ‘n aktiewe rol gaan
speel in die Vryburgers tydens hul 2 jaar termyn. Upington korps nooi almal hartlik uit om hierdie jaar hul volmaan
op Gura Pan in die Kalahari te kom bywoon. Klik
hier om bietjie meer te lees oor hierdie projek! Upington bied ook volgende jaar die
Burgerraad aan. Korpsaktiwiteite Korpse word aangemoedig om hul projekte hier te adverteer
|